LAERSKOOL BRENTWOODPARK
  • Welkom by Brenties
  • Kontak Ons
    • Vakante Poste
  • Geskiedenis
  • Bestuur
    • Skoolbestuurspan
    • Beheerliggaam
  • Kleuterskool
  • Grondslagfase
  • Intersenfase
  • Sport
  • Kultuur
  • Algemene Inligting
    • Skooldrag
    • Skoolreëls en Beleide
  • Administratiewe Inligting
    • Inskrywing
    • Skoolfooie / Bankbesonderhede
    • Naskool
WERK EN WEN IS WAT ELKE BRENTIE KEN.
Picture
PERSONEELINDELING
GR. R.1 : ME TANIA DU PLESSIS
GR. R.2 : ME RENé VAN NIEKERK
GR. R.3:  ME KAREN LE GRANGE
GR. PRE R1: ME ELIZE WESSELS

ONDERRIGTYD
Maandag - Donderdag: 7:30 - 13:00
Vrydae: 7:30 - 12:30

KLASKAMERS
Al die klasse het baie ruimte, ʼn stoor en badkamers in elke klas.

OP- EN AFLAAI
Kleuters word by die klein hekkie voor die PPS klasse afgelaai (open om 7:00) en kan dan weer by dieselfde hekkie opgelaai word,om 13:00.

SKOOL- EN KLASREëLS
Nasorgkleuters mag speelgoed bring, waarmee hul na 13:00 speel.
Aggressie en lelike taalgebruik sal dadelik aangespreek word.
Merk asb. klere en tasse duidelik met kleuter se naam.

KOMMUNIKASIE
Elke klas het 'n WhatsApp groep wat deur die onderwyseres gestig is.  Elke Sondag word daar 'n Nuusbrief met die week se nodige inligting en temas geplaas. Kommunikasie vind deur middel van bogenoemde groep plaas.

KOSBLIK
Pak elke dag vir u kleuter ʼn gesonde kospakkie met ʼn sap/koeldrank.

BAK EN BROU / SNOEPIE
Op Dinsdae gaan die kleuters snoepie toe waar hulle leer om met geldjies te werk.  Kleuters bak en brou elke Vrydag. Inligting word op groepe deurgegee.  

OPVOEDKUNDIGE APPARAAT
Ons het die nuutste opvoedkundige- en buitespel-speelgoed in klasse en ook ʼn pragtige fietsiebaan en hindernisbaan.  Daar word een keer 'n week vir die kleuters lesse aangebied in kodering en robotika.

KLEREDRAG
Gr. R leerlinge dra daagliks Brentiedrag.  
Gr. Pre-R dra gewone klere.

BUITEMUURSE AKTIWITEITE
Buite kontrakteurs kom bied verskeie aktiwiteite in die oggende na 10:00, die volgende aan:

Ballet, Tiger Kids, Erianda Sport (Netbal/tag rugby),
UC Maths, Monkey Nastics, Golf, Rugga Kids, Music Minds en Mini Shefs.

MEDIKASIE 
Geen medikasie mag aan kleuters gegee word nie, ouers sal gekontak word.  As u kleuter siek is, hou hul eerder by huis, asseblief.

ASSESSERING
Kleuters word deurlopend (daagliks) geassesseer. Assessering word opgestel volgens die voorgeskrewe Kurrikulum, en vordering word kwartaalliks op rapporte (verslae) aangeteken.
​
INSTAPPIES
Elke kwartaal sal daar ʼn tema gebasseerde praatjie / vertoning aan kleuter gegee word. Die nodige inligting word aan ouers deurgegee.

VERJAARSDAE
Kleuters vier hul verjaarsdae by skool en ouers is welkom om lekkers en koek skooltoe te stuur.

OUPA- EN OUMADAG
Gedurend die eerste kwartaal nooi ons oupas en oumas en kleuters, gee ʼn kort vertoning. Daarna hou almal saam piekniek in die parkie.

ATLETIEK
Kleuteratletiekdag vind plaas in eerste kwartaal en word elke jaar deur ʼn ander skool aangebied.

KONSERT
Ons bied jaarliks ‘n Kleuterkonsert / Revue aan (afhangende van die jaarprogram). 
​Kostes sal vroegtydig gekommunikeer word.
​
Gr. R GRADEPLEGTIGHEID
Dit vind plaas in November. Gr. R kleuters word dan vaarwel geroep en ontvang elkeen ʼn sertifikaat.
Picture
Powered by Create your own unique website with customizable templates.