|
HUISWERK Huiswerk word op 'n gereelde basis in alle vakke gegee en is hoofsaaklik inskerping vir wat aangeleer is. ASSESSERING Assessering vind deurlopend op ‘n 7-puntskaal vir Gr. 4 – 7 leerders plaas, en word tydens skooltyd gedoen. TOETSE EN EKSAMENS Eksamens vind plaas tydens die 2de en 4de kwartaal en die toetsreeks tydens 1ste en 3de kwartaal. Toetsrooster word vroegtydig uitgedeel. Afbakeninge word 2 weke voor die eksamen / toetsreeks. |
|
SKRYFBEHOEFTES Lys van benodigdhede is by die kantoor beskikbaar sowel as op die D6. Vervang items asseblief waar nodig. Merk elke item duidelik AFWESIGHEDE Daar word gevra dat doktersafsprake sover as moonlik na skool gereël sal word. Leerlinge wat afwesig was tydens skoolure moet self reël dat agterstallige werk opgevang word. |