Atletiek
|
Atletiek vorm ’n belangrike deel van Laerskool Brentwoodpark se sportkultuur en bied aan elke leerder die geleentheid om deel te neem en hul atletiese vermoëns te ontwikkel. Ons jaarlikse huissport vind op die eerste Saterdag van die jaar plaas en is ’n hoogtepunt op die skoolkalender. Alle leerders neem deel in hulle verskeie spanne.
Brenties neem in Januarie en Februarie aan verskeie vriendskaplike byeenkomste deel ter voorbereiding vir die Interlaerbyeenkoms. Atletiek hervat weer in die vierde kwartaal met verdere vriendskaplike byeenkomste teen ander skole. Seisoene volgens kwartale: Kwartaal 1 en Kwartaal 4 Ouderdomsgroepe: Seuns en dogters, 6–13 jaar Sporttye: Volgens jaarlikse oefen- en byeenkomsskedule Spandrag: Atletiekdrag of Brentiedrag |
NETBAL
|
Netbal by Laerskool Brentwoodpark bied elke dogter die geleentheid om haar volle potensiaal op die baan te bereik. Ons fokus op vaardigheidsontwikkeling, spanwerk en selfvertroue, met A- tot B-spanne om inklusiewe deelname te verseker.
Graad R-netbal Vanaf 2026 oefen die kleuterskool dogters netbal in die middag ter voorberieding vir laerskoolnetbal. Tydens hierdie oefening word daar op groot motoriese vaardighede gefokus en behels dit die koordinasie en beheer van groot spiergroepe. Dit vorm die grondslag vir fisiesebevoegdheid, balans, postuurbeheer en selfvertroue. Mini-netbal O/6- tot O/9-dogters speel mini-netbal en neem jaarliks deel aan 'n verskeidenheid wedstryde en vriendskaplike toernooie, waar spelposisies geroteer word om vaardighede te ontwikkel. Seisoene volgens kwartale: Kwartaal 1 en Kwartaal 2 Ouderdomsgroepe: O/6–O/9 Sporttye: Middag-oefeninge Wedstryddrag: Brentiedrag, wit sokkies en sportstekkies Senior-netbal O/10- tot O/13-dogters neem deel aan ligawedstryde, netbalklinieke en verskeie toernooie. Seisoene volgens kwartale: Kwartaal 2 Ouderdomsgroepe: O/10–O/13 Sporttye: Volgens liga- en oefenskedule Wedstryddrag: Netbaldrag, wit sokkies en sportstekkies |
RUGBY
|
Rugby by Laerskool Brentwoodpark word aangebied aan seuns vanaf O/6 tot O/13. Die fokus is op vaardigheidsontwikkeling, spanwerk en die bevordering van liefde vir die spel.
Valkie-Rugby Brenties se O/6- tot O/8-rugbyspelers neem aan 'n verskeidenheid Valkiedae / toernooie deel wat gewoonlik op 'n Saterdag plaasvind. Die toernooie fokus op ontwikkeling eerder as kompetisie. Senior-Rugby O/9- tot O/13-spanne neem deel aan verskeie vriendskaplike en liga-wedstryde. Seisoene volgens kwartale: Kwartaal 1 en Kwartaal 2 Ouderdomsgroepe: O/6–O/13 Sporttye: Middag-oefeninge en wedstryde |
LANDLOOP
|
Landloop is 'n massadeelname-sport waar elke tree tel en uithouvermoë getoets word.
Brenties neem deel aan die liga-byeenkoms en leerders vanaf O/7 tot O/13 is welkom om deel te neem. Geen spanseleksie is nodig nie vir die eerste liga-byeenkoms nie. Seisoene volgens kwartale: Kwartaal 2 en 3 Ouderdomsgroepe: O/7–O/13 Sporttye: Middag-oefeninge en byeenkomste |
HOKKIE
|
In hokkie verenig jy as 'n span, wat beide passie en vaardigheid domonstreer.
Mini-hokkie O/6- tot O/9-dogters speel mini-hokkie en neem jaarliks deel aan 'n verskeidenheid vriendskaplike wedstryde. Daar is intern hokkieklinieke om vaardighede te ontwikkel. Seisoene volgens kwartale: Kwartaal 3 Ouderdomsgroepe: O/6–O/9 Sporttye: Middag-oefeninge Wedstryddrag: Brentiedrag, hokkiesokkies en sportstekkies Senior-hokkie O/10- tot O/13-dogters neem deel aan ligawedstryde, en verskeie toernooie. Seisoene volgens kwartale: Kwartaal 3 Ouderdomsgroepe: O/10–O/13 Sporttye: Volgens liga- en oefenskedule Wedstryddrag: Hokkiedrag (Dieselfe as die netbal), hokkiesokkies en sportstekkies |
KRIEKET
|
Krieket by Laerskool Brentwoodpark fokus op vaardigheidsontwikkeling, spanwerk en sportmangees. Die sport word aangebied vir leerders vanaf O/7 tot O/13 en bied geleenthede vir beide ontspannings- en kompeterende deelname.
Mini-krieket O/7- en O/8-spelers neem deel aan mini-krieket gedurende die derde kwartaal. Hierdie formaat is ontwikkelingsgerig en dit is besonders om te sien hoe die seuns met entoesiasme deelneem. Seisoene volgens kwartale: Kwartaal 3 Ouderdomsgroepe: O/7–O/8 Sporttye: Middag-oefeninge volgens rooster Senior-krieket O/9- tot O/13-spanne neem gedurende die derde kwartaal deel aan die liga. Seisoene volgens kwartale: Kwartaal 3 Ouderdomsgroepe: O/9–O/13 Sporttye: Volgens liga- en oefenskedule |
RINGBAL
|
Ringbal by Laerskool Brentwoodpark is ’n dinamiese en opwindende spansport vir seuns en dogters wat fokus op balvaardighede, vinnige besluitneming en samewerking. Die sport bied aan leerders ’n uitstekende geleentheid om hul koördinasie, fiksheid en sportmangees te ontwikkel in ’n positiewe en ondersteunende omgewing.
Brenties neem deel aan verskeie vriendskaplike wedstryde en ligabyeenkomste, waar spelers waardevolle wedstrydondervinding opdoen. In 2025 het Laerskool Brentwoodpark geskiedenis gemaak deur die Kampioen van Kampioene-titel in die sak te steek. Seisoene volgens kwartale: Kwartaal 3 en/of volgens jaarlikse sportprogram Ouderdomsgroepe: Seuns en dogters, O/11–O/13 Sporttye: Middag-oefeninge volgens skoolrooster |
SKAAK
|
Skaak by Laerskool Brentwoodpark word aangebied vir beginners sowel as gevorderde spelers. Die sport bevorder strategiese denke, konsentrasie en probleemoplossingsvaardighede. Gedurende die tweede en derde kwartaal neem leerders deel aan die liga.
Seisoene volgens kwartale: Kwartaal 1 tot Kwartaal 3 Ouderdomsgroepe: Alle ouderdomme Sporttye: Volgens oefen- en liga-rooster |