Laerskool Brentwoodpark
  • Kontak Ons
  • Tuisblad - Bestuur - Leiers
  • Nuus
  • Inskrywing
  • Vakante Poste
  • Skoolfooie / Bankbesonderhede
  • Geskiedenis
  • Akademie
  • Avontuurkamp 2019
  • Beheerliggaam
  • Beleide
  • Brentie nuus
  • Bestuur
  • Eksamen
  • Grondslagfase
  • Intersenfase
  • LSEN
  • Jaarprogram
  • Kommunikasie
  • Skooldrag
  • Skoolterrein
  • Snoepie
  • Pre-Primêr
  • Sport
    • Atletiek
    • Hokkie / Mini-Hokkie
    • Krieket
    • Mini-krieket
    • Landloop
    • Netbal / Mini-Netbal
    • Rugby & Valkies
    • Tennis
    • Erianda Mini-Sport
    • Tennis Akademie
    • Skaak
  • Kultuur
    • Bybelvasvrae
    • Individuele Voordrag
    • Koor
    • Kuns
    • Redenaars
  • Naskool
  • Algemene Foto's
  • Advertensies
Brentie is Dinamiet

Pre-Primêr

Personeelindeling:
Gr. R.1 : Me du Plessis
Gr. R.2 : Me Le Grange
Gr. R.3 : Me van Niekerk
Gr. Pre R 1 : Me Coetzee
Gr. Pre R 2 : Me van Loggerenberg
Gr. Pre R Junior : Me Wessels


Algemene inligting:
Klaskamers:
Al 6 klasse het baie ruimte , ʼn stoor en badkamers in elke klas.
Op en aflaai:
Kleuters word by groot parkeerarea afgelaai of vergesel na die klas. Om 13:00 kom ouers kleuters by klein hekkie by speelarea oplaai.
Parkering:
Gebruik asb parkering by groot parkeerarea langs die skool.
Skool- ren Klasreëls:
Nasorgkleuters mag speelgoed bring, waarmee hul na 13:00 speel.
Aggressie en lelike taalgebruik sal dadelik aangespreek word.
Merk asb. klere en tasse duidelik met kleuter se naam.

Briewe:
Elke kleuter ontvang ʼn boek waarin ons elke week nuus-of omsendbriewe inplak. Boeke gaan Maandae uit en moet Dinsdae terug wees.
Kosblik:
Pak elke dag vir u kleuter ʼn gesonde kospakkie met ʼn sap.
Bak en Brou:
Kleuters bak en brou elke tweede Woensdag. Bak en Brou is tema gebasseer.
Speelgoed:
Ons het die nuutste opvoedkundige- en buitespelspeelgoed in klasse en ook ʼn werkende fietsiebaan.


kaskardag

Picture

brandweer instappie

Picture

graad R-klasse

Picture
Picture

bak en brou

Picture
Picture
Buitemuurse aktiwiteite:

Buite kontrakteurs kom bied verskeie aktiwiteite in oggende aan : Dans, kindermusiek, Erianda Sport (Netbal/tag rugby), Krieket en Hip-Hop.
 Medikasie en siektes:
Alle medikasie moet gemerk word en by klasonderwyser ingehandig word. As u kleuter siek is, hou hul eerder by huis, asb.
Assessering:
Kleuters word deurlopend (daagliks) geassesseer. Assessering word opgestel volgens die CAPS Kurrikulum, en vordering word kwartaaliks op rapporte (verslae) aangeteken.
Instappie:
Elke kwartaal sal daar ʼn tema gebasseerde praatjie/vertoning aan kleuter gegee word teen geen ekstra koste.
Verjaarsdae:
Kleuters vier hul verjaarsdae by skool en ouers is welkom om lekkers en koek skooltoe te stuur.
Oupa- en Oumadag:
Gedurende eerste kwartaal nooi ons oupas en oumas en kleuters gee ʼn kort vertoning daarna hou almal saam piekniek in die parkie.
Atletiek:
Kleuteratletiekdag vind plaas in eerste kwartaal en word elke jaar deur ʼn ander skool aangebied.
Konsert:
In Oktober bied ons, ons jaarlikse kleuterkonsert aan. Kleuters en juffies oefen nou al hard aan liedjies en dansies. Kostes sal gekommunikeer word.
Gr. R gradeplegtigheid:
Vind plaas in Novermber. Gr. R kleuters word dan vaarwel geroep en ontvang elkeen ʼn sertifikaat.


KYK BIETJIE NA ONS MOOI FOTO'S!

2018 Konsert


Powered by Create your own unique website with customizable templates.